Friday, 22 August 2014

Aurora Sentrum se Direkteur aan die woord

September 2014 Direkteur: Aurora Sentrum

Dit is haas ongelooflik dat die jaar reeds so ver soos Augustus gevorder het! Die een aktiwiteit het die ander met gereelde tussenpose gevolg. Ons is nou reeds besig om ons dagboeke na die einde van die jaar vol te skryf!

Hoogtepunte het ingesluit die besoek van die SANCA Nasionale kantoor om ‘n assessering te doen met die oog op voortgesette affiliasie by SANCA (sien die foto hieronder), die  Jaarvergadering waartydens Dr. Paulina van Zyl cannabis as moontlike medikasie bespreek het (sien foto op bl. 3) en die Internasionale Dag wat gefokus het op die opsegging van een gewoonte vir ‘n week. In die nabye toekoms (13 September 2014) word ‘n “Live Free” pretloop beplan en daarna is dit ‘n vryval na die einde van die jaar.

Tydens die Jaarvergadering is twee nuwe lede op die Bestuur verkies en ons wil graag baie geluk en welkom sĂȘ aan die twee nuwelinge op die be-stuur, mnre Jan van Niekerk en Kobus Swanepoel . Baie dankie ook  aan die gesoute lede wat steeds bereid is om hul gewig in te gooi en dit moontlik maak dat die Sentrum ‘n “gerekende” Bestuur het. Die eise van die tyd maak die kundige insette van die Bestuur ‘n voorvereiste vir behoorlike verantwoordbaarheid.

In this newsletter the focus is on gambling addiction, a phenomenon which – as with other addictions – affects not only the gambler, but also the family. The prevention, signs and symptoms are important if you gamble from time to time. There is also an input by the Chairperson of the Aurora Centre on the grace of God. Hardly possible to believe that it is free!

G.H.J.Kruger


No comments:

Post a Comment