Aurora vier 50 jaar se bestaan, en ons vier die groot geleentheid deur oor en weer geluk te wens.
Ons is mos maar almal op soek na geluk. Baie hoop dat rykdom en finansiële vryheid die ding sal doen, ander meen weer as ons verhoudinge tog net kan reg loop sal alles beter gaan.
Wat sê die Here, waar is hierdie skaars iets met die naam van geluk te kry?
Mat 5: 3 Antwoord as volg: “ Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van God”.
Gelukkig wees, geseënd wees het niks met goed te doen nie, dit het alles met jou ankers te doen. Waar en in Wie is jy geanker? Nee, dit vra nie van ons om supergelowiges te wees nie, net om te weet waar ons geluk lê.
En daarom kan ons saam met Thomas À Kempis bid:
Here, vandag voel ek weer minder seker as gister.
Wat sal tog van my word?
Ek word so maklik ontstel deur klein verliese.
Ek werk so hard vir so min geld, en tog
Gee ek so bitter min aandag aan my verhouding met U,
- wat my skatryk sou kon maak.
Ek gee soveel aandag aan onbelangrike dinge
Dat ek feitlik heeltemal vergeet wat regtig belangrik is.
Ek raak die pad saam met U skoon byster
Wanneer ek so verstrengel raak in aardse belange.
Ag, Here help my om tot my sinne te kom.
Sit my voete weer terug op die pad na U toe.
Dalk sal ons goed doen as ons Oswald Chambers se gedagte ook onthou:
“Ons sien gebed as ‘n instrument om dinge vir onsself te verkry; die Bybelse idee is dat ons vir God daardeur moet leer ken.”
Ds Jannie Smith
Van links na regs:
Santie Froneman. Jannie Smith, Gert Kruger, Jurie Wessels, Louina Le Roux, en Santie Pruis
Erkenning aan Volksblad vir die Foto
Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!
ReplyDeleteAn Thái Sơn với website anthaison.vn chuyên sản phẩm máy đưa võng hay máy đưa võng tự động tốt cho bé là địa chỉ bán máy đưa võng giá rẻ tại TP.HCM và giúp bạn tìm máy đưa võng loại nào tốt hiện nay.