Enkele interessante feite oor dagga
· Dagga word gesien as die “gateway” dwelm wat dikwels lei tot die gebruik van ander dwelms.
· Daggagebruik het besliste gesondheidsrisiko’s vir die kardiovaskulêre, respiratoriese en immuumsisteme. Kroniese gebruik het ook negatiewe implikasies vir voortplanting. Navorsingsresultate dui op potensiële probleme gedurende swangerskap en sekere risiko’s vir die fetus en pasgebore baba.
· Psigomotoriese prosesse word ook deur dagga beïnvloed. Dit het onder andere implikasies wanneer ‘n motor bestuur word of masjinerie hanteer word.
· Hoë doserings dagga hou ‘n risiko in vir die ontstaan van toksiese psigose. Persone met ‘n vatbaarheid vir gees-tesongesteldheid is besonder kwesbaar vir ‘n psigiatriese siekte as hulle dagga rook. Die volgende simptome is al by individue waargeneem wanneer hulle dagga rook: verwarring, hallusinasies, disoriëntasie, paniek en paranoïa.
· Die gebruik van dagga kan ook aanleiding gee tot die sg. a-motivering-sindroom. Dit kan beskryf word as verlies aan dryfkrag, energie en motivering. Gebruikers van dagga verwys dikwels hierna as: “No care, no do”
· Die gebruik van dagga kan ook lei tot die ontwikkeling van afhanklikheid, beide psigies en fisies, wat die volgende behels: die ontwikkeling van toleransie, onttrekkingsimptome, die verlies aan kontrole met betrekking tot die gebruik van dagga en ‘n afname van betekenisvolle aktiwiteite in die betrokke persoon se lewe.
· Adolossente is besonder kwesbaar aangesien dagga leerprosesse en persoonlike ontwikkeling negatief beïnvloed.
Goeie advies van Aurora Sentrum
Moenie met dagga eksperimenteer nie!!!
No comments:
Post a Comment